LAMSBOUD IN DIE WEBER
Plaas die onderste rooster in vir die brickets.
Hak die “dividers” in sodat die drip pan tussen die 2 dividers sal kan inpas.
GEBRUIK 12 brikets aan elke kant en steek aan.
BELANGRIK hou die deksel eers af todat brickets goed rooi gebrand het.
DAN plaas boonste grill op en sit deksel op.
Laat die webber warm word vir so omtrent 5 min met onderste gaaitjies halfpad oop en boonste gate halfpad oop.
Belangrik om te sien dat daar geen rook is van die brikkettes af kom nie.
Plaas nou drip pan in onder die grill .
Plaas nou eers jou skaapboud op grill en maak toe vir plus minus 5 ure.
Belangrik om na uur en n half brikkettes op te top met brandende rooi brikkettes wat van jou ander vuur af kom.
Jy het 2 hope kole.
Die geheim met webber is dat kole uitgebrand moet wees maar bloedrooi anders gaan jy jou vleis rook
Resep: Maryna Kruger
Foto: Dale van Staden








