OOND GEBAKTE VARKNEK
Voorverhit oond tot 180 ºC.
Sit nek in ‘n oondbak (gooi olyfolie onder in oondbak en sprinkel sout en gemaalde swartpeper en sous van pynappelstukke).
1 blikkie pynappelstukkies
1 gekapte ui
1 pakkie mutton and veggie soppoeier
300 ml koue melk
200 ml koue water
5 ml Mixed herbs(gemengde kruie)
Sousie:
½ koppie tamatiesous
½ koppie blatjang
½ koppie asyn
½ koppie heuning/goue stroop
30 ml Worcestersous
5 ml fyn gemmer
2 eetlepels suurlemoensap
bietjie kookwater
Meng al die sous bestanddele saam. Baste die varknek met die sous en ook gedurende die bakproses so elke 10-15 min.
Sit varknet in oond en elke keer wat jy vark baste met sous, draai vark. Bak vir so 40 min tot ‘n uur. Haal reksakkie af en sny die varknek in dun stukkies.
Meng sop, gekapte ui, pynappelstukke, koue melk en koue water en speserye saam asook die oorblyfsels van die basting sousie. Bring tot kookpunt in pot. Gooi warm sous oor die varknek stukke. Heerlik op basmati rys.








