

MILKY BAR FUDGE IN DIE MIKROGOLF
Een blik kondensmelk
2 ml sout
500 ml versiersuiker
125 g botter/ margarine
5 ml vanilla geursel
Milky Bar Slab sjokolade
Meng alles behalwe vanilla en sjokolade.
Kook in tussen poses van 3-4 min op 800 watt 100% in mikro en roer goed tussen in.
Na die 3de keer breek sjokolade in en gooi vanilla in.
Kook nog 3 min of tot die fudge begin verbruin. As dit klaar bruin was toe die sjokolade by gevoeg het dan hoef jy nie weer te kook nie.
Moenie langer as 15 min kook nie.
Kook in ‘n glas bak wat lekker diep is dit borrel lekker.
Resep en Foto geplaas deur Lynette van Zyl







geskuif