

LEKKER GROOT MELKTERT
5 1/2 koppie melk
3 eiers
3 1/2 eetlepels botter
1 koppie suiker
3 1/2 eetlepels koekmeel
3 1/2 eetlepels maizena
Knippie sout
1 teelepel Vanilla
1 teelepel bakpoeier
Pakkie tennisbeskuitjies
Pak die koekies in n tertbak.
Kook die melk.
Room di botter en die suiker en gooi een, een eier in. Klits goed. Gooi vanilla in en klits weer. Gooi maizena, meel en sout in en meng goed.
As die melk kook gooi die melk by jou mengsel en meng deur en gooi terug in jou kastrol en bly roer tot mengsel dik is. Haal van stoof af en gooi bakpoeier in en meng deur. Gooi op koekies in tertbak en strooi kaneel oor.
BRON/FOTO: Marinda van Tonder






