SOUTTERT
2 koppies melk
4 snye brood
1 koppie kaas
1 koppie gesnyde worsies
1 koppie ham gekap of blikkie boelie beef fyngedryk
1 ui gerasper
½ teelepel sout
Knippie mosterdpoeier
knippie rooipeper
100 ml koekmeel
2 eiers
Kook die melk. Sny brood se korsies af en druk fyn in die melk. Skep in ‘n mengbak en voeg die kaas, gesnyde worsies, ham gekap of blikkie boelie beef fyngedryk, ui gerasper sout, mosterd poeier, rooipeper, koekmeel, eiers (tot skuim geklits) bymekaar en meng goed. Skep in’n gesmeerde tertbak en bak tot styf en gaar so 30 min. By 180ºC.
Resep en foto: Marinda van Tonder








