

KARAMEL PEPPERMINT MOUSSE KOEKTERT
2 koppies styf geklitste room
½ blikkie karamel of meer na smaak
2 eetlepels gelatien, opgelos in bietjie water indien jy wil hê dit moet styf wees
1 slab peppermint
Tennisbeskuitjies
Klits room styf saam met die karamel, rasper sjokolade in beslag
Pak laag koekies, dan laag room mengsel, weer koekies, weer room.
Sprinkel gerasperde peppermint bo.
Sny skywe en skep sjokolade sous oor, ek het sommer die van die roomys gebruik.
Bedien.
BRON/FOTO: Ria Jacobs
Meyer Combrinck: Wanneer kom jou gelatien by?
Ria Jacobs: Aan die einde voor jy dit uitkrap dan meng jy dit gou in.






