JOHANNA SE KARRINGMELK BESKUIT
6 koppies koekmeel
6 hoogvol teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
250 g margarien
500 ml karringmelk
2 eiers
knippie sout
Meng droë bestanddele vryf margarien in meelmengsel in.
Meng eiers en karringmelk saam en voeg by meelmengsel.
Knie liggies en sit in panne.
Bak vir 1 uur teen 180 ºC.
Resep en foto: Johan Coetzee
Kommentaar en foto: Teresa Louw
Ons karringmelk is 600 ml so ek kan speel met ander bestanddele. R/h pan so 3 eetlepels anys en 1 koppie semels bygesit. ½ koppie suiker weg gevat. L/h pan so 1 koppie semels by, ½ koppie korente, ½ koppie “fruit peel”, ½ koppie “shredded coconut” bygesit en ook ‘n ½ koppie suiker weg gevat.










geskuif
Elsabie Templeton
Ek kan die resep beslis aanbeveel! Myne nou in die oond besig om uit te droog. Dis net so heerlik nat!! en vir die wat dit in ‘n oondpan wil bak dis genoeg deeg vir ‘n 36x27x5cm pan.