JOHANNA SE KARRINGMELK BESKUIT
JOHANNA SE KARRINGMELK BESKUIT
6 koppies koekmeel
6 hoogvol teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
250 g margarien
500 ml karringmelk
2 eiers
knippie sout
Meng droë bestanddele vryf margarien in meelmengsel in.
Meng eiers en karringmelk saam en voeg by meelmengsel.
Knie liggies en sit in panne.
Bak vir 1 uur teen 180 ºC.
Resep en foto: Johan Coetzee
Kommentaar en foto: Teresa Louw
Ons karringmelk is 600 ml so ek kan speel met ander bestanddele. R/h pan so 3 eetlepels anys en 1 koppie semels bygesit. ½ koppie suiker weg gevat. L/h pan so 1 koppie semels by, ½ koppie korente, ½ koppie “fruit peel”, ½ koppie “shredded coconut” bygesit en ook ‘n ½ koppie suiker weg gevat.


