HASH BROWNS ALA GIDEON
2 medium aartappels, geskil en gerasper en gespoel en gedroog sodat alle water uit is
1 eier
¼ koppie meel
sout en peper na smaak
½ medium ui, fyn gekerf
olie vir vlak braai
Meng alles saam in ‘n mengbak.
Maak die olie sizzeling warm en skep groot lepels vol.
Plaas in olie en druk effens plat tot so ± 10mm draai om as dit goudbruin is en doen so aan die anderkant ook.
Plaas op ‘n handoek rol papier om olie te dreineer.
Gebruik ‘n platterige pan om die omdraai te vergemaklik.
Bedien hash browns saam met ‘n lekker sagte eier, dit kikker enige ontbyt op.
BRON/FOTO: Gideon Louw
Francois Britz
Ala Gideon se aartappel koekies!! Dankie Gideon. Ek het die resep verdubbel en my eie twist bygesit soos gewoonlik. 1 en ‘n half koppie gerasperde cheddar kaas by geroer.
HEERLIK!! Trots op myse self.
Foto: Reuben K Coskey -Toe maak ek dit… Yummm freaking eeeeee