DEURNAG LAM SKENKEL KERRIE POT
Ek noem dit kombuis want ek maak dit met n ysterpot op die stoof in die kombuis.
BESTANDELE EN METODE
Ek noem dit kombuis want ek maak dit met n ysterpot op die stoof in die kombuis.
Voorbereidng begin Saterdag middag laat.
Vleis word eers bietjie gebraai saam met uie en knoffel tot geseel aan altwee kante.
Braai die vleis net een laag op n slag.
As alles klaar gebraai is draai die stoof plaat op no 2 en wag tot die plaat afgekoel het,
Voeg al die vleis in die pot(GEEN WATER) sit die deksel op die pot en laat prit/stadig kook vir 3 tot 4 ure.
Roer net so lke 30 miniute en maak seker dit brand nie vas of kook droog nie. Onthou geen water die vleis moet in sy eie sous kook.
So n half uur voor jy gaan slaap gooi jou Kerrie mengsel in en draai die plaat af maar moenie die pot afhaal nie.
Na n half uur roer een keer deur en los deur die nag sodat die Kerrie kan trek
Vangoggend maak jy nou vir jou apart n goente potjie.
Sit die plaat onder die Lam op no 1 net om alles warm te maak end an so n uur voor jy gaan eet meng die lam en die groente pot saam.
Die vierde foto lyk of dit bietjie aan gebrand het maar dis maar net vanoggend nadat dit oornag af gekoel en getrek het waar die Kerrie bietjie donker word maar roer en so lyk die finale produk op foto no 5.
Nou kort die groente en ander bykosse.(Pot Brood, Stamp Mielies, Rys, Krummel pap of my varkie brood)
BRON/FOTO: Koos van der Merwe








