WARM BOKKAAS SLAAI
Salade au chèvre chaud – warm bokkaas slaai!
Franse broodjie
olyfolie
gerookte ham of spek
bokkaas
blomme heuning
Slaaisous: (hoeveelhede van keuse)
mosterd
asyn
heuning
olyfolie
Ok, ek het ‘n Franse broodjie so skuins gesny en ‘n titseltjie olyfolie aan beide kante oorgegooi. (kan enige olie botter gebruik wat in die huis is) Kort gerooster en gerookte ham ook (bacon werk ook).
Dan het ek die skywe omgedraai, ham en bokkaas bo-op gesit en 2 min gegrill sodat net die buitekant van die kaas smelt en binne nog bietjie hard is.Dan kom die geheime tip:
Daai ietsie bruin wat op die kaas is wat soos gravy lyk, is egte blomme heuning. Maak die slaaisous met die mosterd, asyn, heuning en olyfolie. Pak die broodjies op slaai en siedaar. Lekker eet xxx
Resep en foto: Anika Armoed Kunzmann








