SJOKOLADE OF WITKOEK EN CUPCAKES
Ek maak sjokolade koek en cupcakes met my resep.
Vir sjokolade gebruik ek net ½ koppie meel minder en vervang dit met ½ koppie kakao, anders is dit ‘n heerlike witkoek.
Witkoek:
3 koppie koekmeel
1½ koppies suiker
4 eiers
2 koppies melk
250 g margarine
knippie sout
2 teelepels karamel geursel
4 teelepels bakpoeier
Sif die droë bestanddele staam, en meng die nat bestanddele saam.
Voeg die nat- by die droë bestanddele. Klits alles goed saam.
Skep in twee goed voorbereide koekpanne.
Bak by 180°C tot gaar en toetspen skoon uitkom.
Vir die cupcakes bak by 180 ºC vir ongeveer 15 min tot toetspen skoon uitkom
Dis regtig baie lekker.
Resep en foto: Dassie Meyer









