SARIE SE KERRIEKOOL
1 koolkop opgekerf
2 koppie vars boontjies gekerf – kook apart tot nog crispy
2 groot uie opgesny
2 rissies opgesny
Meng die volgende saam:
2 eetlepel kerriepoeier
1 koppie suiker voeg meer by as verkies
3 koppie witasyn
1 koppie water ( jy kan nog 1/2 koppie by sit indien nodig)
2 desert lepel droë mosterdpoeier (12.5 ml)
1 eetlepel paprika
2 eetlepel borrie vir mooi geel kleur
Kook nou als saam tot sag maar nie pap nie.
Maak dikker met maizena.(Ek maak somer so 3 eetlepels aan met betjie water en gooi bietjie by kyk as dit dik genoeg is, hou op ingooi.)
Bottel warm in gesterilliseerd bottel ….en geniet dit as slaai of saam enige vleis
( Ma se resep altyd uit die kop gebak en brou)
Resep en foto: Sarie Meintjies








