REPELSTEELTJIES MET ‘N VERSKIL (Lepelsteeltjies)
250 g botter
2 koppies koekmeel
½ teelepel sout
½ teelepel bakpoeier
250 g gerasperde kaas (cheddar)
soetrissie sous / appelkooskonfyt
Room die botter. Sif die meel, sout en bakpoeier saam en meng by die botter. Voeg die kaas by en meng baie goed deur tot ‘n deeg. Rol die deeg in balletjies en plaas die balletjies op ‘n gesmeerde bakplaat. Druk ‘n gaatjie in die middel van die balletjie met jou vinger of die agterkant van ‘n houtlepel (nie dwarsdeur nie). Vul die gaatjie met soetrissiesous (sweet chilli). Bak die koekies vir ± 12 – 15 minute by 180°C.
So maklik, lekker eet.
Foto en resep: Rindi Becker Goosen
Foto 2: Esme Scheepers Van Wyk – my deeg was bietjie pap en my gewone meel nie genoeg, toe voeg ek nog ‘n ¼ koppie bruismeel by, dit proe heel lekker. O ja, ek het klein doppie pannetjies gebruik.
Foto 3: Hannetjie Langenhoven – Het vandag die resep gemaak met my gemengde vrugtekonfyt. Die agterste ligte kleur het soetrissiesous in. Ek het bietjie peri peri poeier by die deeg gevoeg.
One thought on “REPELSTEELTJIES MET N VERSKIL”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.
geskuif