BEESSKOF
Jy smeer daai skof met sout, peper, en balsamiese asyn, laat staan hom in die yskas oornag, en bak hom more teen 150 grade in die oond totdat hy sag en bruin is…dan sny jy hom sulke skywe saam met mostert…Maar hy moet VET wees…
Bees SKOF in die pot (Hump)
1 kg bees Skof
1 eetlepel sout
1 teelepel neutmuskaat
1 teelepel “lemon pepper”
1 eetlepel fyn koljander.
1 eetlepel asyn./ Woestersous
Smeer die skof in met die speserye, en laat staan vir so 3-4 ure..Kook alles saam in die pot totdat die Skof begin sag word, sny dan 1 groot aartappel in blokkies, by en kook totdat die aartappel sag is..Bak nou die skof en die aartappels in die oond totdat dit lekker bruin is…Kook 50/50 wit rys en stampkoring in n aparte potjie..
Wanneer alles gaar is, sit so eetlepel vars room in die vleis en roer lekker deur, skep op en geniet.saam met tuisgemaakte warm mostert
Stefaans Blaauw









