
PERSIMMON KAASKOEK
Kors:
250 g gekapte okkerneute, ongesout
3 ml gemmer
100 g bruinsuiker
50 g gesmelte botter
vulsel:
690 g roomkaas
375 g suiker
190 ml suurroom
2 ml kaneel
3 ml gemmer
3 ml sout
6 groot eiers
480 g persimmon puree
10 ml suurlemoensap
bolaag:
310 ml suurroom
45 ml suiker
5 ml vanilla
Kors:
Verhit oond na 165°C
Kap neute fyn in voedselverwerker, meng met gemmer, suiker en botter en druk in ‘n 23cm, gebotterde losboompan. Bak vir 12 minute en koel af tot koud.
Kaaskoek:
klits roomkaas en suiker tot romerig, voeg suurroom en geurmiddels by.
Voeg die eiers een vir een by en klits goed.
Roer persimmon puree by.
Gooi oor kors en bak vir 60-75 minute. Die koek moet nog effens sag wees in die middel.
Terwyl die koek bak,klits die bestanddele van die bolaag saam. Smeer oor die koek sodra dit die koek uit die oond uit kom, plaas terug in die oond vir nog 10 minute.
Verkoel die kaaskoek oornag en bedien.
Geplaas deur Marlicia Meyer.






