

PIZZA SOUS
1 blikkie goeie kwaliteit cherry of roma tamaties
1 klein blikkie tomatiepasta
250 gram cherry tamaties (Woolies se tamaties in die box is die lekkerste)
vars basilicum kruie maar die trick is om nie de blare op te kap nie maar om hulle bo die sous in te skeur in stukkies anderste raak die blaar swart en verloor die kruid sy smaak en geur
oreganum gedroogde kruie so eetlepel en ‘n klein bietjie
so teelepel nat donker bruin suiker,
2 fyngemaakte knoffelhuisies (knoffel tone noem ons dit) en dan laat jy die sous vir so uur prut sodat die geure goed kan intrek. Dis ‘n basiese itaiaanse tamatie/pomodoro sous – Familie resep
As jy hom bietjie spicy soek dan kan jy klein bietjie chilli in sit.
Resep: Claudia Bellink






