PYNAPPELMAMPOER
Dis nou nie soos van julle dit ken nie, maar my weergawe daar van.
Wat het jy nodig. ń Groot “Fermenter of Brew bucket” net plastiek/glas en sterliseer middel om alles te sterliseer (geen houd nie) verkieslik plastiek. Sal ń plan vir ń stookketel op sit, maar as julle nie ń ketel mag he nie steek hom maar weg. Onhou enige groot skoon plastiek emmer kan gebruik wort met ń air lock.
Resep:
8L Gekoopte vrugtesap of vars.
9Kg Bruin suiker.
6 Groot Pynappels.
Water om by sap/pulp in emmer te gooi om so 25L te maak.
Yeast – Turbo Yeast vir Spirits (gee jou so 20+% alcohol voor disteleering), 5g Wyn yeast (gee jou tot so 14+% alcohol), 7g Baker’s Yeast (gee jou so 5-7% alcohol)
Metode:
Die vrugte sap moet eers vir 15 min gekook word om van al die perseveermiddels ontslae te raak. Die perseveermiddels sal die yeast dood maak.
Meng suiker by die sap as dit opgehou kook het en laat staan om af te koel.
Maal die Pynappels en los die pulp in.
Aktiveer julle yeast nou, in ń beker gooi so 500ml lou water (30*c), 5 Eetlepels suiker en yeast. Laat staan tot dit skuim.
Gooi sap/suiker mengsel, pulp en water saam in die Fermenteurder/emmer, onhou die Temperatuur moet tussen 30 en 37*c wees voor jy jou yeast in gooi.
Meng nou goed en laat staan vir 7 tot 9 dae of tot dit opgehou fermenteur het.
Sal julle wys hoe my ketel lyk en die proses hoe om die alcohol af te kook oor ń week of so.
Foto en resep: Ronnie van den Heever