Fees paptert:
(Annetjie Cilliers)
Bestanddele
3 koppies mieliemeel
6 koppies water
1½ teelepel sout
1 bottel biltong smeerkaas
250ml room
1 blikkie geroomde sampioene
250g ontbytspek
2 uie
gerasperde kaas
Metode
Stel oond op 180C, en spuit ‘n bakskottel. Kook mieliemeel in sout en water tot gaar.
Snipper en braai spek en uie. Meng gebraaide spek en uie, smeerkaas, room en geroomde sampioene. Skep in lae in bakskottel: Pap, dan spek mengsel. Herhaal lae.
Strooi gerasperde kaas oor en bak totdat die kaas gesmelt is. Bedien saam met braaivleis.
**********************************
Paptert met ‘n twist:
(Anita Marsili Booyse)
BRON: wat eet ons vanaand
Lekker groot pot krummelpap – groterige korrels wat lekker sal kan in balvorm kan kleef (gaar en half afgekoel)
2 koppies bruinbroodkrummels
driekwart koppie botter (gesmelt)
3 pakkies bladspek
1/2 koppie melk
6 eiers, geskei
een blik geroomde sampioene
een blik gesnipperde sampioene gedreineer
2 lekker vol koppies gerasperde Chedderkaas
170g blikkie ingedampte melk
350 ml suurroom
5ml sout
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n oondskottel.
Braai die spek bros in botter en krummel dit.
Hou ‘n bietjie van die spek vir garnering
Meng die krummelpap, brood krummels en sout, voeg die gesmelte botter by en meng goed
Voeg die spek by die krummelpapmengsel.
Klits die melk en eiergele saam en voeg dit en die sampioene en helfte van die kaas, voeg by die papmengsel (die deeg kan stewiger gemaak word met xtra krummelpap of verdun word met gebruik van melk.)
Rol nou lekker bolle van die papmengsel en plaas in oondskottel
Sprinkel die res van die kaas en spek bo-oor
Giet suurroom nou bo-oor papbolle gevolg deur en die ingedampte melk
Bak vir +- 45 min
****************************
Paptert met groente:
(Alma van Dyk Pretorius)
Stywe pap
Kaas, gerasper
Groente (uie, sampioene, wortels, baby marrows, kool, ens), gestoom
Kruie, sout, peper
In ‘n oondbak, pak ‘n laag pap, dan die groente, geur dit, dan kaas. Herhaal die lae en bak in oond tot kaas gesmelt
***********************
HEERLIKE PAPTERT MET SAMPIOENE, SPEK EN KAAS
(Bron: Onbekend)
Posted: Margaret Henning Hale
Die resep is genoeg vir 6 – 8 persone
Bestanddele vir die stywepap
4 koppies water
2 teelepels sout
2 eetlepels botter
2 ½ koppies mieliemeel
Metode:
Giet water in ‘n potjie, voeg sout en botter by en bring tot kookpunt
Giet mieliemeel by om ‘n hopie in die middel van die pot te vorm maar moenie roer nie.
Verminder hitte plaas deksel op potjie en laat pap 5 minute prut.
Roer liggies met ‘n vurk, plaas deksel terug en prut vir nie meer as nog ‘n uur nie.
Bestanddele
250 g spekvleis – fyngekap
300 g sampioene, gekap
½ koppie room
250 ml gerasperde Cheddarkaas
1 blik heelpitsuikermielies
varsgemaalde swartpeper
ekstra gerasperde kaas
Metode:
Maak stywepap en laat afkoel.
Braai spekvleis in eie vet tot bros in swaarboompan.
Voeg sampioene by en braai liggies.
Roer dan room, kaas, mielies en peper in.
Rangskik pap en sampioenvulsel in lae in oondvaste bak, met die vulsel bo-op.
Strooi kaas bo-oor








