ONTBEENDE LAMSBLAD ROL
Ontbeen die lamsblad en sorg dat hy mooi plat le.
Smeer hom lekker met basil pesto.
Braai uie, peppers en tamatie lekker saam tot ‘n smoor, maar nie waterig nie, gooi sout en peper in na smaak.
Laat bietjie afkoel en smeer oor die pesto op die blad

Rol die blad mooi op en maak stewig vas met tou
Vryf buite om met olyf olie en gooi souten peper oor na smaak..

Bak in die oond teen 160 grade C met ‘n deksel op, draai af en toe om. Wanneer gaar as jy die vurk indruk moet daar nie meer bloed water uitkom nie, haal die deksel af en bak ‘n rukkie to net mooi gekleur.
Laat heelwat afkoel voordat jy die rol sny dan bly hy baie mooi by mekaar,
Fotos en resep: Rina Kleinhans









