2 Kg Maalvleis
1 Blikkie gemengde groente
1 blikkie gemengde kerriegroente
3 biefblokkies
2 uie
1 pakkie bruinuie sop
1 koppie chutney
25 ml tamatiesous
Braai maalvleis en uie saam.
Voeg biefblokkies en 2 blikkies groente by
Voeg bietjie water by en prut maalvleis tot uie sag is.
Voeg chutney, tamatiesous en bruinuie sop by.
Kook tot dik. (die maalvleis moet nie te souserig of te droog wees nie!)
Bron: Amanda Struwig
Foto: Geleen








