ONDERSTEBO PYNAPPEL POEDING
Ek het vars pynappel geskil
60 g botter
125 g bruin suiker
440 g blik pynappels behou die sous en kersies vir die middel
500 g bruismeel
500 ml suiker
knippie sout
4 eiers
15 ml vanielje
Voorverhit oond na 180°C. Smeer koekpan en voer uit met ligte tin foil. Sny botter in stukkies en sit in koekpan, plaas in oond laat smelt, haal uit en sit bruin suiker in en meng liggies. Rangskik pynappel bo op bottermengsel. Plaas kersies in die middel van elke ring.
Koek mengsel:
Sif koekmeel, voeg suiker en sout by. Smelt botter en klits eiers en vanielje saam.
Voeg meelmengsel by eiermengsel. Gooi pynappelstroop by en meng alles goed.
Gooi oor pynappels en bak tot gaar. Laat afkoel vir so 5 min.
Keer om op bord en trek foelie af.
Ek het vars pynappel gebruik en so die stroop van n blikkie gemengde vrugte gebruik.
Resep en foto: Monica van Lingen








