GESTOPTE FILLET MET KAAS UIE EN TAMATIE
Fillet gestop met kaas en gebraaide uie en Tamatie, en dan in Skaap Bakon toegdraai, en in die oond gebak..
2 X 250 gram stukke fillet…
1 ui
1 tamatie
Braai die uie en tamatie saam in botter, en gooi bietjie sout, peper, en balsamiese asyn..tot die uie bruin raak.
Steek n gat so in die middle in en stop met gebraaide uie en tamatie, en n stuk kaas.
Draai dit in Skaap Bakon toe,
GEEN SPESERYE…
Die Bakon, en die uie & Tamatie sin is genoeg
Bak nou Teen 180 grade vir 30 minute
Sny n aartappel in blokkies, en kook dit sag, gooi die water af, en laat afkoel, en afdroog.
Braai nou die aartappels in bietjie olie lekker bruin.
Sny een agurkie daarin, met
2 eetlepels Mayonaise,
2 eetlepels room
sout en growwe swart peper
Bak n eier met sagte geel…
en geniet n lekker ligte middagete..
Resep en foto: Stefaans Blaauw








