Hoender boudjies en dytjies of snitte van jou keuse
2 eet mayo,
2 eet w/sous,
2 eet sweet chillie sous
2eet Dijon mosterd,
1 teel tiemie,
1 teel origano,
1 teel chillie poeier,
1 knoffel huisie fyn gedruk,
1 teel paprika.
Meng alles en bedek hoender daarmee.
Bak in oond tot hoender deur gaar is op 180grade.
Nota:
Ek het net uie by gebraai en aartapel en wortels eers bietjie gekook en toe ook bygesit. Ek het toe weer van die sous mengsel aangemaak en bygesit want met al die groente was dit toe bietjie doog. Dit was heerlik! Ek sal dit beslis weer maak
Adrian Olivier se resep
Foto en aanpassing: Sheila Marsburg Troskie








