MAALVLEIS PIZZA MET KLAAR PIZZA BASIS
15 ml (1 e) olyfolie
1 ui, grof gekap
200 g maalvleis
1 blik (410 g) gekapte tamaties
sout, peper, suiker na smaak
’n paar druppels worcestersous
2 pizzabasisse
120 g cheddarkaas, gerasper
Voorverhit die oond tot 200 °C en bedek ’n bakplaat met bakpapier.
Verhit die olie in ’n kastrol en braai die ui. Voeg die vleis by en braai.
Sit die tamaties by en bring tot kookpunt. Geur met sout, peper, suiker en worcestersous. Laat prut 30-40 minute.
Skep op die basisse en sprinkel die kaas oor. Bak 10 min
BRON – Lizel Viljoen