

KAASKOEK MET HAWERMOUTKORS
(EN ROOI VRUGTE)
Kors:
150 g hawermout
80 g botter
1 eiergeel
½ teelepel sout
2 eetlepel suiker
1 eetlepel heuning
1 eetlepel koekmeel
3 eetlepel melk
gerasperde suurlemoenskil van 1 suurlemoen
Vulsel:
2 eiers
80 g suiker
1 sakkie vanillasuiker of 5 ml vanilla geursel
13 g gelatien
350 g maaskaas
sap en suurlemoenskil gerasperd van 1 suurlemoen
100 ml room
50 g wit sjokolade
2 eetlepels melk
vars frambose, rooi bessies, frambose
’n paar kruisementblare
versiersuiker
Voorverhit die oond op 175°C. Bedek die bodem van ’n losboompan met bakpapier. Meng die sagte botter met die eiergeel en sout ‘n gladde massa. Voeg die suiker, heuning, hawermout, meel, melk en die gerasperde skil van 1 suurlemoen by. Skep die krummelrige deeg in die losboompan en druk goed vas met die agterkant van ‘n lepel. Bak 15 minute in ‘n voorverhitte oond en laat die kaaskoek dan afkoel in die yskas.
Klits die eiers saam met die suiker. Week intussen die gelatineblaadjes in ‘n beker met koue water. Smelt die sjokolade met 2 eetlepels melk. Dit kan maklik in die mikrogolf gesmelt word.
Klits die room styf in ‘n ander bak. Verhit die suurlemoensap in ’n staalpannetjie op die stoof en los die gelatien daarin op.
Meng eers die roomkaas, gesmelte sjokolade en dan die opgeloste gelatien by die eiers en suiker. Vou daarna die room in. Die kaasvulsel is nou gereed.
Vul die afgekoelde hawermoutbodem met die kaasvulsel. Laat 2 tot 3 uur styf word in die yskas. Werk af met die rooi vrugte. Strooi versiersuiker oor.
Vertaal deur Charmaine Timmerman.






