NACHOS TA-ETE
Dis ‘n dis wat my ma altyd vir ons gemaak het as kind in die huis ek maak dit tot vandag toe en almal en letterlik almal is mal daaroor, weer ‘n goedkoop en super maklike dis !
BESTANDDELE
Maalvlies
1 pak Frito’s (tamatie geur)
tamaties opgesny in blokkies
pynappel stukke
gekerfde slaai
gerasperde kaas
gelyke hoeveelhede tamatiesous, mayonaise en chutney gemeng vir ‘n sous
METODE
Maak jou maalvleis gaar volgens jou smaak dit moet lekker souserig wees maar nie loperig nie. Plaas ‘n handjie vol frito’s op ‘n bord en pak die lae soos volg, gooi jou warm mince oor die frito’s volg met tamatie , slaai, pynappel stukke en dan gooi jy jou myonaise sousie oor laastens die kaas. Die frito’s mag min lyk in die begin maar as jy al jou lae klaar gebou het is dit ‘n stewige vullende jummy bort kos. Met 1 pak Frito’s kan jy maklik 4-5 mense ‘n goeie porsie gee.
Resep en Foto: Ilona Turner








