


JAN SMUTS KOEKIES
Resep: Elize de Kock
Foto en Nota: Alda Cilliers
Ek het al hierdie resep gemaak en dan amandelstukkies met die konfyt gemeng en in plaas van vanillageursel in die boonste lagie, ‘n druppeltjie amandelgeursel gesit, Dit is baie lekker!
Foto 2: Elizabeth Haupt
Foto 3: Hannetjie Langenhoven
FOOD LOVERS RECIPES
Soetkors:
4 koppies koekmeel
250 g sagte margarien
1 koppie suiker
3 teelepels gelyk bakpoeier
1 eetlepel vlapoeier
2 eiers
1 teelepel sout
Room suiker, botter en eiers.
Meng droë bestanddele met jou hande in die bottermengsel in en plaas in ‘n plastieksak om klam te bly.
Vulsel: Maak een en ‘n half keer of dubbel aan.
125 g sagte margarien
125 g suiker
2 groot eiers, geklits
225 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
5 ml vanilla
appelkooskonfyt
Verroom die margarien en die suiker saam. Voeg die eiers en vanilla by en meng.
Sif die koekmeel en bakpoeier en saam en meng dit met die eiermengsel.
Rol deeg uit en druk af in sirkels. Plaas die sirkels in kolwyntjiepanne wat vooraf gesmeer is en sit omtrent 5 ml appelkooskonfyt in elke bakkie in die pannetjie.
Voeg die vulsel bo-op die konfyt en bedek die konfyt heeltemal. Bak in ‘n voorververhitte oond by 180ºC vir 15 minute of tot goudbruin op die middelste oondrak.







Geskuif