Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ’n tertbak van 30 cm.
TERT
Verroom die botter en suiker tot lig en donsig.
Voeg die eiers by en klits goed. Meng die louwarm melk by die mengsel.
Sif die meel, bakpoeier en sout. Voeg die klapper en meelmengsel om die beurt by die melk- en suiker mengsel.
Meng goed. Skep in die tertbak en bak 35 minute tot gaar.
STROOP
Los die suiker in die water op en bring tot kookpunt. Voeg die vanieljegeursel by en giet die warm stroop oor die warm tert wanneer dit uit die oond kom
Sit voor met geklopte room.
Ek het vir die stroop Ideal Melk gebruik in plaas van water. Baie Lekker uitgekom.
Foto: Debbie Bornman









Greta Conradie
Ek gooi bietjie kakao by dan is dit die heerlikste ‘Romany Cream’ tert.