

ANDRE SE VETKOEK (MIELIE EN RYS VETKOEKIES)
Foto: Susan Sussiena Wagenaar Mitchell
200 g (375 ml) ongesifte koekmeelblom, afgemeet
15 ml bakpoeier
10 ml suiker
5 ml sout
300 g (500 ml) koue gaar rys
1 blik (410 g) geroomde suikermielies
125 ml melk
1 eier
kookolie vir vlakbraai
Sif die koekmeelblom, bakpoeier, suiker en sout saam.
Vou die rys en suikermielies in die gesifte bestanddele in.
Klits die melk en eier saam tot gemeng.
Voeg dit by die meel mengsel en maak aan tot ‘n sagte deeg.
Skep eetlepelsvol deeg in matige warm kookolie.
Braai die vetkoek eers aan die eenkant en dan aan die anderkant tot goudbruin, hulle moenie te vinnig braai nie.
Dreineer die gaar vetkoeke op kombuispapier en sit warm voor.






