

GIDEON SE HOENDERMAGIES
800 g hoendermagies, skoongemaak
½ teelepel wit peper
½ teelepel swart peper
1 teelepel sout
½ koppie tamatiesous
¼ koppie balsamiese asyn
¼ teelepel rissie vlokkies
1 teelepel knoffel vlokkies
¼ koppie bruin asyn
1 groterige ui, opgekap
4 eetlepels suiker
Kook die magies in ‘n bietjie water tot sag ± 2 ure.
Voeg die uie by en braai ‘n bietjie.
Voeg al die ander bestanddele by en laat ‘n rukkie prut en bedien met rys.
Resep geplaas deur Gideon Louw
Foto: Gideon Louw






