

ELIZE SE HOENDERSLAAI
½ pak vooraf verpakte Italiaanse slaaiblare
½ pak vooraf verpakte baba spinasie
‘n hele bakkie cocktail tamaties
1 pak grasuie
¼ van elk: groen, geel en rooi soetrissies
½ Engelse komkommer
1 ui
1 pakkie ontpitte groen monzanilla olywe
3 rolletjies feta swartpeper kaas
¼ koppie Knorr french vinaigrette salad dressing
¼ koppie Knorr Greek vinaigrette salad dressing
sout en swart growwe gemaalde peper na smaak
3 eetlepels olyfolie exstra virgin
Meng alles deur.
Hoender fillette:
Voeg 3 eetlepels botter in vooraf verhitte pan.
Geur die botter met hoender speserye, roosmaryn en knoffel van Robertsons.
Voeg ook growwe swart gemaalde peper en sout by.
Verhit jou oond vooraf deur net jou rooster bo aan te sit.
Plaas fillette in warm vooraf verhitte pan met botter bo-op die plaat en bak vir ongeveer 5-10 min, draai om en bak weer vir so 5-10 min.
Plaas die pan nou onder die vooraf verhitte boonste rooster in die oond vir ongeveer 5 min.
Haal uit en laat staan vir ongeveer een minuut -pak van die slaai in ‘n slaai bakkie en sny die hoender in mooi skywe en versier bo-op.
Resep geplaas deur Elize Olivier
Foto: Elize Olivier






