BACON KIP HOENDERGEREG
Vir al die hoender liefhebbers, ‘n lekker en maklike resep om te probeer. Een heel hoender in stukke gesny, of kan lekker “leg quarters” ook vat.
Meng saam:
1 koppie tamatiesous
1 koppie chutney
1 koppie mayonnaise
1 pakkie bacon kips
1 koppie wit wyn
en 1 eetlepel knoffel
Pak in ‘n bak: hoender, klein aartappeltjies, grof gekapte wortels en een ui grof gekap. Smeer sous mengsel oor hoender en bak in die oond vir so 2 ure op 180°C.
Resep geplaas deur Tanya Erasmus









