ANNELINE SE PYNAPPELSLAAI
1 groot blik pynappel stukke, plaas die helfte van die stroop in ‘n kastrol, hou res en voeg 2 eetlepels vla poeier in en meng met die stroop.
Kook die pynappel stukke met ½ koppie suiker en meng die vlamengsel by.
Voeg klein bietjie borrie v kleur by.
Laat weer opkook en siedaar reg om warm of koud te eet.
Resep: Anneline du Plessis








