

WORSIE-GEREG
Ek wil graag ‘n resep met julle deel. Dit is ‘n groot gunsteling in my huis en maak dit nogal gereeld. Ons noem dit sommer “Worsie Gereg”
WORSIE GEREG
500 – 600 g boerewors, in ringetjie gesny
1 groot ui, gekap
1 teelepel knoffel
2 eetlepels medium kerrie poeier
2 eetlepels blatjang
1 eetlepel bruinsuiker
1 blik tamatie en ui mix
115g tamatie pasta
sout en peper na smaak
Tip: Dit is makliker om die wors in ringetjies te sny as dit nog gevries is, anders skeur die velletjie van die wors af en dan kook die wors pap.
Braai wors, ui en knoffel in ‘n kastrol tot mooi bruin en gaar.
Voeg dan die res van al die bestanddele by, roer goed deur en laat prut totdat alles goed deur gekook het en kerrie gaar is.
Bedien gereg op mash.
Baie lekker!
Resep en foto: Natasja Bekker






