

VINNIGE TENNISKOEKIE-FUDGE
1 kp botter
500 g versiersuiker
1 koppie klapper, optioneel
1 Eetlepel kakao
2-3 pakkies Mariebeskuitjies of Tennis, gebreek
3 eiers, geklits
Smelt botter en voeg suiker en kakao by en smelt op stoof plaat tot gesmelt.
Klop baie vinnig die eiers by bietjie vir bietjie.
Kook op laag so +- 4 min.
Haal af van stoof en voeg gebreekte koekies by en meng als goed deur.
Gooi in oond pan of langwerpige glas bak en laat koud word in yskas.
Sny in blokkies en sprinkel met klapper. (As jy klapper wil byvoeg gooi dit in waneer jy koekies bygooi)
Bron: Juanita Pretorius






