VINNIGE PADKOS FRIKKADELLE
Hierdie is vinnige frikkies vir padkos…
Ons het sommer van hulle geëet vir middagete en die res kom in die kosblik.
500 g maalvleis
1 pakkie bruin uie sop poeier
± 100 ml water
vars pietersielie
garlic chives
klein wortel, gerasper
Meng alles saam, rol frikkadelle en pak in ‘n oondbak. Drup bietjie olyf olie oor.
Plaas in die oond en bak teen 180°C vir ongeveer 40 minute.
Maak die sousie dikker met bietjie bisto vir ‘n lekker sousie vir oor die rys.
Plaas weer in die oond sodat die sous kan dikker word.
Jy kan ook karringmelk of natuurlike jogurt gebruik en die water uitlaat, 200 – 250ml, kyk maar dat jou mengsel nie te slap is nie.
Nota:
Meng jou maalvleis met ‘n groot vurk, en wanneer jy bolletjies rol, moenie die vleis te veel hanteer en te styf rol nie, dit maak die bolletjie baie “vas”.
Foto en resep: Rina Kleinhans








