Ek het vandag besluit dat die oranje patas baie lekkerder is as die ander gewone patats.
Skil die patats en sny in redelik dik skywe, pak in ‘n enkel laag in ‘n groot pot of pan met ‘n deksel.
Hier het ek net botter ( genoeg) , zylitol versoeter (gooi genoeg maar nie te veel nie), bietjie sout, stukkies gemmerwortel en ‘n dik skyf suurlemoen saam met die oranje patat in die pot gesit en dit stadig op 2 op die stoof laat gaar word, dit was regtig Yummies….
As jy sien jou patats is sag, draai die plaat bietjie op tot jy sien jy stropie verkleur, draai dan weer af en los die deksel op dat hy dan weer stadig aangaan.
Foto en resep: Rina Kleinhans








