
TAAI SKAAP OF VARKRIBBETJIE
50 ml appelkooskonfyt
25 ml tamatiesous
12.5 ml asyn
12.5 ml sojasous
12.5 ml Worcestersous
5 ml Aromat
5 ml braaivleisspeserye
5 ml knoffelsout
Kook die rib in ‘n bietjie water saam met vleisekstrakblokkie tot sag.
Haal vleis uit en laat effens afkoel.
Meng al die bestanddele vir sous goed saam en smeer oor vleis.
Rooster in oond of braai oor kole.
Resep: Marietjie Greyvenstein






