

SJOKOLADE SPONS POEDING
Stroop:
50 ml kakao
¾ koppie bruinsuiker
2 koppies water
In 20 cm diep mikrogolf bak, kook die stroop bestanddele vir 2 minute op hoog. Roer tot suiker gesmelt is en kook verder vir 3 min. op hoog.
Spons:
50 g botter
¾ koppie witsuiker
1 eier
½ teelepel vanilla
1 koppie meel
sout
3 teelepels bakpoeier
25 ml kakao
170 ml melk
Room botter, suiker en eier. Voeg vanilla by. Sif droë bestanddele en roer by, afgewissel met melk. Gooi die mengsel in die stroop en mikrogolf op 70% krag vir 12 minute of bietjie langer tot ‘koek’ deel gaar is. Bedek en laat 3 minute staan voor opskep.
Kan eet met room of roomys of vla.
Soooo lekker, jy sal nie weer ‘n ander sjokoladepoeding resep soek nie! Regtig ‘n treffer die een – ek het dit al 3 keer gemaak en dit was heerlik. Het dit ook al ‘n dag voor die tyd gemaak – gister net voor ete gou weer biejtie suiker/kakao en water gekook en bo-oor gekook.
Njammies-
Resep: Celia De Villiers Enslin







Weet dis ‘n resep wat ek geplaas het maar dit is ‘n treffer. Binne minute is daar poeding op die tafel.