GEBOTTELDE JALAPENO’S MET SOETRISSIES
1 en ‘n halwe kg jalapenos gebruik.
Soetrissie geel of rooi
Gesnyde knoffel huisie gebruik net ‘n paar skyfies.
Uie in skyfies gesny
Jalapenos se takkie af gesny en al die pitte uit gehaal met n lepeltjie.
Jalapenos gekook vir vyf minute nie te lank anders is hulle pap.
Stroop gekook van:
4 koppies wit asyn
2 koppies suiker
1 koppie water
Sit jalapenos in bottels met uie stukkies soetrissies en gesnyde knoffel saam in bottels soveel soos verlang en gooi warm sous oor jalapenos in die bottels.
Bottel warm draai deksels styf op en keer om.
Laat staan oornag om te sien of bottels nie lek nie.
My ma se buurvrou se resep. Hannelise
Foto Marie Rheeder Troskie








