PEER TERT
2 eiers
2 eetlepels botter
1 koppie bruismeel (1 koppie meel +1 teelepel bakpoeier)
1 groot blik pere (enige vrugte)
1 koppie suiker
Knypie sout
1 koppie melk
Sous:
1 houertjie room
1 koppie suiker
1 teelepel caramel essence
Fyn kaneel
2 doppies brandewyn (optioneel)
Room eiers en suiker saam
Meng melk en botter by
Roers meel en sout by en meng goed.
Gooi mengsel in ‘n oondbak van 2L.
Plaas vrugte eweredig bo op en bak vir 30 min teen 180°.
Sous kan na 20 min gemaak word.
Kook bestanddele vir die sous vir 10 min saam.
Haal tert uit die oond en prik op verskeie plekke.
Gooi kokende sous oor en sprinkel kaneel oor.
Bedien warm saam met vla
BRON – Adele Scheepers