

CHANTELLE SE KOEKSISTERS
Ek gebruik al die resep vir ‘n redelik tyd, en dis heerlik. Ek het die resep in twee dele gesit, siende dat die no 1 so 48 klein koeksister maak, en no 2, gebruik wanneer ek baie maak.
Koesisters 1:
4 koppies koekmeel
1 teelepel sout
6 teelepels bakpoeier (30 ml)
50 ml botter (4 etlepels)
1 eier
1 ½ koppie melk of water
Koeksister 2:
12 koppies koekmeel
1 ½ teelepel sout
18 teelepels bakpoeier
150 ml margarien/botter
3 eiers
3 koppies melk
olie
stroop
Sif die droë bestanddele saam en vryf die botter in.
Klits die eier, voeg melk of water by en maak aan tot sagte deeg.
Knie goed tot dit glad is.
Laat dit 2 uur of langer staan.
Sny, vleg en bak in warm olie, doop in stroop sodra dit uitgehaal word.
Stroop
12 koppies suiker
6 koppies water
1 teelepel kremetart
1 teelepel gemmer (ops)
2 stukke pypkaneel (ops)
Kook alles saam vir 10 minute.
Laat oornag in yskas.
Resep en Foto: Chantelle De Bruin






