
KOS VIR BORSVOEDENDE MAMMAS
Alida Siebert – Help asseblief. Skoonsus kraam een van die dae en gaan borsvoed. Ek wil vrieskas maaltye vir hulle maak, enige voorstelle vir uielose, kramplose geregte asseblief.
Natasha Van Vuuren – Kos wat baie kalsium ( kaas ens bevat) na geregte wat bessies bevat ekt baie gesukkel met melk moet weet hoe om te eet dan kan jy aan clover skenk lol…Geen suur kos of suur vrugte nie, krap baba se maag om, niks wat mayonaise ens bevat nie. Sy moet ook heelwat groen groente kry wat yster bevat want borsvoeding kan en het soos in my geval my yster vlakke verskriklik laat daal
Natasha Van Vuuren – Sy moet ook “boob juice ” drink dis n mengsel wat mens maak help ook jou melk baie gesond en veilig en gee jou lekker energie, my apteker het my nog die resep gegee. Lol skuus ek ken dit net as “boob juice” of jungle juice soos my apteker dit noem. 1 liter sap ( moet of rooi druiwe of berry wees)
2pakkies rehidrate
50 ml blackthorn berry elixer ( dis spesifiek vir mammas wat borsvoed)
1 cal c vita
Drink na elke dag 1 ltr so deur die dag n glasie na elke voeding. Nie ek of baba het ooit weer siek geword terwyl ek dit gedrink het nie. My melk was nie weer n probleem nie, lekker baie energie ook gehad wens ekt hiervan geweet met my eerste kind.
Hester Du Buys Naudé – Ek het baie Lasagnes, nie sterk boboties, regte bazaar kêrries, maw soet kerries, baie frikkadelletjies en blikke vol koekies gebak! Ek het al die goed self geëet, toe ek geborsvoed het! Nie baie uie ingesit nie, maar tog bietjie! Dan beesstertbredies, chicken a la king, wat ek hier gedoen het is, maak hoender gaar, ontbeen en vries, koop pakkies a la king, dan kan sy dit aanmaak en die hoender daarin sit! Rysporsies gevries! En baie soorte koekies. Piesangbrode, pampoenbrode en natuurlik die Deeghuis se ciabatas, croissants en sommer ander lekker goedjies
Borsvoed
Dit wat elke ma behoort te weet
Kos om te vermy tydens borsvoeding- is daar so iets?
Soveel mammas wil weet wat hul mag en nie mag eet nie terwyl hul borsvoed. Is daar enige kosse wat my baba kan krampe gee? Word koliek veroorsaak deur iets wat ek eet? Moet ek gaskoeldrank of vrugtesappe uitsny?
Die vraag word soos volg beantwoord: Borsvoedende moeders kan eet wat hul wil, wanneer hul wil met matigheid voor oë. Daar is geen lys van kossoorte en/of vloeistowwe wat ‘n borsvoedende moeders behoort te vermy nie. Borsvoeding is reeds ‘n groot onderneming en opoffering en behoort nie verder beperk te word nie.
In Asië word moeders aangeraai om nie koue gaskoeldranke te drink nie. In Spanje word vark, rissies en tamaties nie aanbeveel nie en in Italie is dit weer knoffel en lensies. Afro-Amerikaners word adviseer om uie uit te sny en in Australië is dit kool, blomkool, ertjies, sjokelade en sterk speserye.
[1] In Suid-Afrika wonder vrouens weer of hul mag boontjies eet terwyl hul borsvoed. Wat ek hiermee probeer sê is dat wat in een land geld nie noodwending in ‘n ander land geld nie. In Indië eet vrouens byvoorbeel baie sterk speserye, maar dit word afgekeur in Australië. Oor die algemeen sukkel alle lande se vrouens met krampe, koliek en winde in hul babas. Dis maar net iets wat gebeur ongeag die moeder se dieet. Ek weet van baie vroue wat al bogenoemde kossoorte uitgesny het en dan kry hul baba steeds krampe. Onthou, babas het maar sensitiewe spysverteringskanale, maar ontgroei hul kwale met tyd. Min of meer teen die 12de week. Dit gebeur heeltemal te veel dat moeders hul babas se krampe, koliek, winde en braking toeskryf aan iets wat hul geëet het. Wanneer baba die dag meer geïrriteerd en huilerig voorkom as gewoonlik dink die ma dadelik “Wat het ek laaste geëet? O ja, pizza! Dit moet dit wees. Ek kan nie meer pizza eet nie.” Die werklikheid is babas bring almal op, ondervind almal by tye krampe, koliek en winde of is huilerig vir geen rede nie. Dit geld vir bottel- en borsbabas.
[2] Ook die suur van vrugte(sappe) soos tamatie en sitrusvrugte affekteer nie die gehalte of samestelling van borsmelk nie. Dit slegs in uitsonderlike gevalle dat ‘n tipe kossoort vir baba ongemaklik sal laat. Koliek, winde en krampe hou eerder verwant met die lengte van voedings, die moeder se melkproduksie of die hoeveelheid voedings per dag. Indien jy egter, in ‘n uitsonderlike geval, agterkom dat jou baba elke keer na ‘n sekere kossoort kriewelrig en huilerig is kan jy daardie kossoort uitsny. Simptome behoort normaalweg tussen 4-6 ure nadat jy dit geëet het in jou baba voor te kom.
Selfs kos soos kool, eier en bootjies wat die moeder winderig kan laat sal nie noodwendig daardie effek op die baba hê nie. Winde in die moeder word veroorsaak deur die koolhidrate wat nie afgebreek word nie wat dan in aanraking kom met bakterieë in die spysverteringskanaal. Winde in die moeder kan nie aan haar baba oorgedra word nie. Die verteerde koolhidrate wat uiteindelik jou baba bereik deur jou borsmelk moet eers met baba se eie bakterieë in aanraking kom voordat dit dieselfde effek op hom/haar sal he.
[3] Die kans dat ‘n baba wat eksklusief geborsvoed word van hierdie bakterieë het is in elk geval skraal.
[4] Die enigste kos wat bekend is om probleme te veroorsaak in babas is suiwelprodukte, maar dis ook net in babas wat reeds ‘n allergie hiervoor het. Omtrent 5% van kinders het ‘n suiwelallergie en dis meestal wanneer daar ‘n familiegeskiedenis hiervan is. Sulke babas is dan in elk geval beter af op borsmelk omdat die teenliggaampies in borsmelk beskerming hierteen bied. Gevolglik staan baba dan ‘n groter kans om sy/haar allergie te ontgroei. Ook is die kans vir borsbabas om aan allergene blootgestel te word kleiner as babas wat beesmelkformule of sojaformule drink
[5] Dieetkundiges meen wanneer borsvoedende moeders ‘n gebalanseerde, gesonde dieet volg word hul borsmelk natuurlik met verskillende kossmake gegeur. Wanneer baba dan ouer is en self begin vastekos eet is hul minder vol fiemies omdat hul reeds soveel verskeie smake en geure gewoond is. Moet dus nie jou kop te veel oor jou dieet breek nie en probeer so na as moontlik by jul huisgesin se eetgewoontes hou omdat baba in elk geval later saam aan die etenstafel gaan sit.






