GOLD CROSS SE CREMORATERT
Lewer 2 terte
1 blikkie kondensmelk (Onhou asb Gold Cross kondensmelk die ander is te loperig, dis die geheim van die tert.)
1 blikkie fyn pynappel
1 pakkie tennisbeskuitjies
200 g gesmelte botter
½ koppie suurlemoensap
1 pak 500 g cremora poeier
Maak koekies fyn en meng met botter en voer 2 tertborde uit.
Dreineer die sap af van die pynappels, meng al die bestanddele goed deur en skep in tertborde.
Sit in yskas vir paar uur.
Dis yummy glo my!
Bron en foto: Belinda Minnie