GEKLEURDE SUIKER SPRINGMIELIES-POPCORN
Resep en foto: Dassie Meyer
FOOD LOVERS RECIPES
10 eetlepels suiker
6 eetlepels water
paar druppels kleursel
8 koppies gespringde popcorn
Sit die suiker, water en kleursel in ‘n pot op die stoof.
Roer oor medium hitte tot suiker opgelos is.
Voeg die gespringde popcorn by, meng en roer tot die pot droog is.
Gooi uit en laat afkoel.








