1 of 2 blokke pepperment sjokolade (hoe meer hoe lekkerder)
1 of 2 pakkies tennisbeskuitjies, of soveel jy wil
1 blikkie kondensmelk.
Klapper om die balletjies in te rol
Ek het net die koekies fyn gerol, die sjokolade gerasper, kondensmelk bygevoeg en alles gemeng. Balletjies gerol, en in klapper gerol. Laat dit oornag in die yskas staan. As jy daarvan hou kan jy klapper ook in die mengsel sit. Voeg by en neem weg nes jy wil volgens jou smaak.
Bron: Muriel Du Preez-Potts.








