

FILO ROLLE MET BOTTERSKORSIE EN PATAT
Kook 1 kg botterskorsie en 1 kg patats in apparte potjies. Drein goed en maak fyn net so sonder suiker of botter. Los in yskas dat dit lekker styf bly. Meng in ‘n bakkie suiker en kaneelen smelt ‘n bakkie botter. Trek kleefplastiek oor ‘n brood bord en lê ‘n paar velle filodeeg op die bord, smeer elke laag met botter. Smeer ‘n laag fyn botterskorsie en gooi kaneel suiker oor.
Weer folideeg en dan botter, dan patats en kaneel suiker. Gaan aan met die proses tot alles op is. Sit die bord in yskas vir ‘n rukkie. Vat dan die kleefplastiek punt naaste aan jou en rol ‘n lekker stywe rol. Moet lyk soos ‘n swiss roll koek as jy klaar is. Sny lekker dik skywe met baie skerp mes. Pak in gesmeerde oondbak en bedek met ‘n houertjie room en kaneel suiker en bak in oond tot lekker goudbruin. Bedien as ‘n by dis vir sondag ete.
Bron Tanya Erasmus






