

DRINK JOGURT
2 liter kookwater
1,5 liter koue kraanwater
500 g country pasture milk powder (nespray)
175 ml plein jogurt
Volgende dag:
2 pakkies jellie van jou keuse
500 ml kookwater
500 ml suiker
Meng die kookwater, kraanwater en melkpoeier (Nespray) bymekaar tot opgelos.
Voeg dan die plein jogurt by.
Meng goed. Sit glad-wrap oor bak en vadoek bo-oor en laat staan oornag.
Volgende oggend meng die jellie, kookwater en suiker tot goed opgelos.
Meng dit dan saam met die ander mengsel en laat afkoel in yskas.
Enjoy.
Nota:
Eerste mengsel staan oornag buite die yskas.
Klaar jogurt word in yskas gebêre. Nie seker hoe lank dit kan hou nie. Myne hou nooit lank nie, word vinnig gedrink.
Resep en foto: Annelizle Botha






