VLA EN GEMMERKOEKIE TERT
‘n Boks klaargemaakte vla (of jy kan jou eie maak tuis)
Pick ‘n Pay se gemmerkoekies
Plaas ‘n laag koekies in ‘n tertbak en giet ‘n laag vla oor die koekies.
Herhaal die lae totdat die bak vol is.
Krummel ‘n paar gemmerkoekies en strooi die krummels op die boonste laag vla.
Plaas die tert in die yskas tot yskoud.
Nota:
Jy hoef nie net gemmerkoekies te gebruik nie, enige koekies van eie keuse sal werk.
Resep en foto: Stephnie du Plooy








